Die Gedig van die Maand:
Die eerste rededele wat mens leer
vóór drie jaar oud is lewenslank genoeg
om die akuutste nood te formuleer
soos: ek het honger ... hou van jou ... is moeg.
Plots uit die soet ontmoeting weggeruk
het hulle 'n nuwe saamkomplek ontdek
om oor en oor, onnosel van geluk,
toereikend te verduidelik: jy en ek ...
'n Maand daarana - want tyd bring raad - hanteer
hul moeiteloos die diggeweefde sin,
die voegwoorde van kunstige verweer
soos: daarenteen ... ondanks ... desnietemin ...
- Elisabeth Eybers
Vorige Gedigte:
- Te klip om te boom - D.J. Opperman
- Ek sal opstaan - W.E.G. Louw
- Teen die helling - W.E.G. Louw
- Nagreën - W.E.G. Louw
- Vaalvalk - W.E.G. Louw
- Die Blinde se Geloof - Uys Krige
- Braai - Ernst van Heerden
- O Verre Wydtes - C.M. van den Heever
- Drinklied - W.J. du P. Erlank
- Winteraand - P.J. Philander
- Seekoevlei - N.P. van Wyk Louw
- Die Beeld van Oom Paul - J.R.L. van Bruggen
- Wildernis - D.J. Opperman
- Afrikaans en Trots - A. Meiring
- Boerevolk - W.J. Weiker
- Ons klein en silwrige planeet - N.P. van Wyk Louw
- Eenmaal - C.M van den Heever
- Na Die Front - Ernst van Heerden
- Om Boer Te Wees - W.E.G. Louw
- Kruger - Jan F.E Celliers
- Daar waar die son - Anoniem
- Hanglip - Jaarblad van 1953
- Dis Al - Jan F.E Celliers
Daka Moda Footwear