Tuis   Kontak Ons Terug na die Hoof Webwerf

Die Geskiedenis van Louis Trichardt



1835 - 1836
- - - - - - - - -
1836
- - - - - - - - -
1837
- - - - - - - - -
1838
- - - - - - - - -
1848 - 1864
- - - - - - - - -
1864 - 1867
- - - - - - - - -
1867 - 1899
- - - - - - - - -
1899

Die Totstandkoming van
Louis Trichardt

Louis Trichardt se geskiedenis is deurweek met groot Voortrekker name en swaer tye wat die boertjies moes deurmaak om ons hier te kon vestig.

Die voet van die Soutpansberg lewer 'n uitsig wat elke Louis Trichardt inwoner trots maak om te deel in die geskenke wat ons omgewing ons bied.

Dit is ook belangrik dat elke inwoner die geskiedenis van Louis Trichardt ken. Die geskiedenis wys jou van waar die dorp kom en wat alles opgeoffer was om ons dorp te stig.

Die geskiedenis wat hier aangebied word is 'n kort en kragtige opsomming van die totstandkoming van ons dorp.

Lees dit aandagtig sodat jy jou kinders kan vertel, en hulle - hulle kinders vertel en Louis Trichardt se geskiedenis onblusbaar maak.

As daar enige foute of onakkurate feite of datums is, laat weet ons asseblief sodat hierdie geskiedenis so akkuraat as moontlik is.

Dankie !


- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

Gebruik die datums aan die linkerkant om deur die jare te beweeg.
1835 - 1836
- - - - - - - - -
1836
- - - - - - - - -
1837
- - - - - - - - -
1838
- - - - - - - - -
1848 - 1864
- - - - - - - - -
1864 - 1867
- - - - - - - - -
1867 - 1899
- - - - - - - - -
1899

1835 - 1836

In 1835 besluit J.H (Langhans) van Rensburg om vanaf die Oos-Kaap na die noorde te trek opsoek na beter jag gebiede en potentiële nedersetting moontlihede.

Die trek het afgeskop met 1000 skape, 500 beeste en 9 ossewaens.

By Caledon ontmoet Langhans van Rensburg en die Tregardt groep mekaar.

Matabele aanvalle het veroorsaak dat die 2 groepe besluit om saam verder te trek .

Die Tregardt groep het toe van die Langhans groep geskei en trek oor die Drakensberg as gevlog van die Engelse teenwoordigheid in Natal.
1835 - 1836
- - - - - - - - -
1836
- - - - - - - - -
1837
- - - - - - - - -
1838
- - - - - - - - -
1848 - 1864
- - - - - - - - -
1864 - 1867
- - - - - - - - -
1867 - 1899
- - - - - - - - -
1899

1836

Mei 1836 bereik die Tregardt groep die soutpanne wes van die Soutpansberg.

Aug 1836 besluit Louis Trichardt om weer te trek as gevolg van die toename in veedood en hitte.
1835 - 1836
- - - - - - - - -
1836
- - - - - - - - -
1837
- - - - - - - - -
1838
- - - - - - - - -
1848 - 1864
- - - - - - - - -
1864 - 1867
- - - - - - - - -
1867 - 1899
- - - - - - - - -
1899

1837

Middel 1837 ontmoet Louis Tregardt die Venda stam om en by waar Schoemansdal vandag is.

Hy bou toe 'n skool en 'n werkswinkel.

'n Goedere tekort het die Tregardt groep geforseer om Augustus 1837 die trek na Delagoabaai terug oor die Drakensberg aan te pak.
1835 - 1836
- - - - - - - - -
1836
- - - - - - - - -
1837
- - - - - - - - -
1838
- - - - - - - - -
1848 - 1864
- - - - - - - - -
1864 - 1867
- - - - - - - - -
1867 - 1899
- - - - - - - - -
1899

1838

April 1838 bereik die Tregardt groep Delagoabaai.

1 Mei Sterf Louis Tregardt se vrou Martha van
Malaria.

25 Oktober 1838 is Louis Tregardt oorlede soos sy vrou van malaria.
1835 - 1836
- - - - - - - - -
1836
- - - - - - - - -
1837
- - - - - - - - -
1838
- - - - - - - - -
1848 - 1864
- - - - - - - - -
1864 - 1867
- - - - - - - - -
1867 - 1899
- - - - - - - - -
1899

1848 - 1864

Mei 1848 vestig Andries Hendrik Potgieter se Voortrekker groep hulself om en by waar die huidige Schoemansdal is.

Die nedersetting het vinnig 'n klein primatiewe ekonomie op die been gebring. Die gebied het vinnig bekend geword vir sy diverse wildlewe en jag moontlikhede.

Volstruisvere, biltong, horings, ivoor en velle was veruil vir kos, klere en ammunisie.

Die gebied het vinnig gegroei en mense van orals gelok.

Godsdiens was belangrik vir die trekkers en daar was 'n kerk opgerig. Die eerste dominie was N.J Warmelo.

Die dorp was huidiglik Soutpansbergdorp genoem. Die dorp het 245 woonerwe gehad.

1855 word die dorp hernoem na Schoemansdal. Stephanus Schoeman het by Piet Potgieter die seun van Andries Potgieter oorgeneem.

In die latere jare het die omliggende swart stamme die Voortrekkers begin hinder en die laaste paar jare het die trekkers in die fort gebly.

Tye was moeilik en die trekkers het begin om Schoemansdal te verlaat as gevolg van malaria, jagwette wat gebreek word en toename in tuistering.
1835 - 1836
- - - - - - - - -
1836
- - - - - - - - -
1837
- - - - - - - - -
1838
- - - - - - - - -
1848 - 1864
- - - - - - - - -
1864 - 1867
- - - - - - - - -
1867 - 1899
- - - - - - - - -
1899

1864 - 1867

In 1864 het Makhado aan bewind gekom van die Venda stam en in 1865 het Makhado plaasaanvalle op die boere begin om hulle te verdryf.

President M.W Pretorius het magte opgestuur onder leiding van Kommandant Paul Kruger.

15 Julie 1867 beveel Paul Kruger dat Schoemansdal ontruim moet word.
1835 - 1836
- - - - - - - - -
1836
- - - - - - - - -
1837
- - - - - - - - -
1838
- - - - - - - - -
1848 - 1864
- - - - - - - - -
1864 - 1867
- - - - - - - - -
1867 - 1899
- - - - - - - - -
1899

1867 - 1899

Die regering het boere begin vestig in die noorde en die ontdekking van goud in die Pietersburg omgewing het gesorg vir 'n toename in die boere bevolking in die noorde.

Menigte forte was opgerig om vrede te handhaaf.

Die regering besluit toe om 'n dorp aan die voet van die Soutpansberg te vestig.

Makhado sterf in September 1895 en los die Venda nasie agter in disorde.

Mpephu neem toe leiding by Makhado oor maar slaag nie daarin om die swart nasies weer te herenig nie.

September 1898 kry Generaal Piet Joubert opdrag om Mpephu aan te val wat onder Hanglip gestationeer was.

In die vroë oggend ure van 16 November 1898 val Generaal Piet Joubert se magte Mpephu aan. Teen die aand het Mpephu en sy mense na Rhodesie begin vlug.

November 1898 besluit die regering dat die dorp op die plaas Rietvlei gebou gaan word.

Laat in 1898 het die regering die dorp planne vir Louis Trichardt uitgelê.

Mense het so vinnig ingestroom dat dit amper onmoontlik was om ordelike uitbreiding te handhaaf.
1835 - 1836
- - - - - - - - -
1836
- - - - - - - - -
1837
- - - - - - - - -
1838
- - - - - - - - -
1848 - 1864
- - - - - - - - -
1864 - 1867
- - - - - - - - -
1867 - 1899
- - - - - - - - -
1899

1899

Die Begin van die Anglo-Boereoorlog.

Die res is geskiedenis.
Borge:
Daka Moda Footwear Daka Moda Footwear
082 492 4935


Vertel 'n Vriend van die Louis Trichardt webwerf !