Die Wildsplaas Voorman Episodes:
- Episode 12 - " Slange vang in die Bos "
- Episode 11 - " Storm na die Stilte "
- Episode 10 - " Kerstyd aan die voet van die Soutpansberg "
- Episode 9 - " Son, Swem en Roomys "
- Episode 8 - " Einde van Rondte 1 "
- Episode 7 - " Rondte 1 "
- Episode 6 - " Oosterse Konneksies "
- Episode 5 - " Geraamtes In Die Kaste "
- Episode 4 - " Die Soektog Begin "
- Episode 3 - " Flou Koffie ? "
- Episode 2 - " Die Maskerbal "
- Episode 1 - " Die Eerste Kontak "
Wildsdplaas Voorman Agtergrond
Die Wildsplaas Voorman is 'n statige man. Ontkiem in die Vrystaat en gekweek in die Noord Transvaal, en steeds 'n oujongkêrel.Die voorman het 'n baie ondskuldige en nederige bestaan gevoer in die dorre bosveld van Waterpoort, toe die helder liggies van die stad hom gefassineer het. Daar het hy baie harde, maar waardevolle lesse geleer ... die grootste hiervan was: om nooit uit die bosveld uit te trek nie !
Nadat die Voorman vir burgermeester van Pretoria gestaan en toe naelskraap die verkiesing verloor het, het hy besluit genoeg is genoeg. Net daar en dan het hy besluit om terug te keer na die plek waar jy steeds die stof in die lug kan proe en die reën kan ruik ... Louis Trichardt !
Die Voorman was nog altyd anders, maar sy eienaardigste kwaliteit was en is nog altyd sy vermoë om moeilikheid uit te snuffel en dit sonder enige skroom reg te stel.
So het Doorsie bekend geword as die Wildsplaas Voorman - herder van Louis Trichardt.
Maar soos gewoonlik het die Wildsplaas Voorman goeie teenstand.
Sarel Stinkvoete en Pieter Pot, die twee alombekende, gemene misdadigers, het nog altyd vir 'n vol dagboek gesorg onder die bevel van Kwaai Meraai, die onbeskryflike gevoellose brein agter Sarel Stinkvoete en Pieter Pot se streke ...
Daka Moda Footwear